Douw se Gedig


As die son weier om te skyn,

rig jou fokus reguit na bo.

As die trane loop, met jou kaalvoete op klip,

sal ek jou voed met krag deur n drip

 

O liewe Here, nader my met meen!

O liewe Here, asb. sal U my ondersteun.

 

U genade van bo,

fluister van links tot regs.

Trane loop van verlange …

mis my pa so seer.

 

Daar is geen twyfel,

hoegenaamd,

U vrede maak my stil.

Saam sal ons almal staan by Jesus eendag weer.

 

Inspirasie is wat my pa vir my was,

het my pa so lief.

Sê hom Liewe Jesus,

ek dra spesiaal my das.

 

So as die son weier om vandag te skyn

sal ek sterk staan deur die pyn.

Berge, bome, golwe in die see…

wees met my pa, seën my vrede in elke liewe tree!

 

O liewe Here, dankie vir pen en papier.

Vrede in my hart,

weet nou U het Peet Buys net aan my gehuur.

 

Vandag het aangebreek…

Om ons leier op sy lewenslange reis na ons Hemelse Vader te stuur.

 

Amen.

 

van al Pa se kinders

Peet Buys Huldeblyk Blad

7 Responses to Douw se Gedig

  • Marna van der Merwe says:

    Sjoe, wat ‘n talent om so ‘n diep ge-etsde weergawe van emosies weer te gee van ‘n baie intense ervaring. Baie dankie dat jy dit met ons deel Douw. Liefde groete, Marna

  • Marianna says:

    Dit is pragtig, Douw. In n paar woorde vat jy n kind se liefde en respek vir sy pa vas en getuig jy van die wonderlike invloed wat hy op jou lewe gehad het. Wat n voorreg vir n seun om so n rolmodel te kon he, en met hoeveel vrede kon jou pa nie groet, met die wete dat sy taak hier op aarde goeie vrugte dra. Liefde. Tannie Marianna

  • Galina Koparanska says:

    Щастлива съм, че познавам такъв човек, символ на Любов, разбиране, приемане и обединение. Завинаги ще остане в сърцето ми. Обичам ви
    I am happy to know a person like him, symbol of Love, understanding, accepting and consolidation. He’ll remain forever in my heart. I love you
    (Щастлива съм, че познавам такъв човек, символ на Любов, разбиране, приемане и обединение. Завинаги ще остане в сърцето ми. Обичам ви)

  • Eti says:

    I was one of the happiest persons on earth to have had a dad in bulgaria and dad in
    South Afrika, seven years ago i lost my dad in bg, now i have lodt my dad in sa,there
    Will be always pain in my heart but i know they are now together, by
    God and the road here come to an end and we must still go on with our lifes
    And be here for each other,we know that God is with us and look after us
    And he is by our dad, im happy that i had the chance to be part of his life
    And i will always love him,rest in peace: eti

  • Brian en Karin says:

    liewe Martie en Kinders

    ons is so jammer

  • NELI KAMBUROVA says:

    Имах голямото щастие да познавам Пиит,който беше като баща на моето дете,неговата снаха от България.Съжалявам,че не посетихте нашата страна,където,Марти знай,че имаш две приятелки,аз и Галито,и винаги можеш да разчиташ на нас.Ти ще успееш да бребориш с мъката,и знай,че те обичам много

  • Ansie de Villiers says:

    ‘n SPESIALE gedig vir ‘n BAIE spesiale persoon. Dink baie aan julle en hou vas aan al die mooi herinneringe! Lief julle xx

Leave a Reply