Petrus Jacobus Buys

In Liefdevolle herhinneringe aan

Peet Buys

Gebore: 26 September 1953  -  Oorlede: 18 Julie 2012

Begrafnisbrief:

In God se Raadsplan het Hy besluit om ons pappa, oupa, man,

boetie en ware vriend na Hom te neem.

Ons sê dankie vir ons Hemelse Vader vir ‘n wonderlike Christen, standvastige rotsman wat altyd een tree voor ons was, ons hand

en harte styf vasgehou het en soos die Psalm digter in Ps 119:14 sê:

“dat hy volgens Sy verordeninge gelewe het want dit het vir hom meer vreugde gegee as al die rykdom van die wêreld”.

Ons is almal só baie lief vir Peet en betreur sy heengaan maar is

dankbaar en bly vir sy voorbeeld wat hy in ons elkeen ingebytel het.

Ons sal met al die liefde wat hy oor ons uitgestort het, sy

nagedagtenis eer en op elke terrein daarop voortbou.

Wat ‘n geseënde voorbeeld laat hy nie vir ons na nie en dankie

dat ons saam  in Jesus se voetspore kan volg.

Sy Christenwees, integriteit, intellek en baie liefde wat hy oor ons

almal elke oomblik uitgestort het, sal onthou en gekoester word.

Ps 46: 11 en 12

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die

aarde. Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is

vir ons ‘n beskutting.”

Huldeblyk Boodskappe kan onder geplaas word.

Peet Buys Huldeblyk Blad

15 Responses to Petrus Jacobus Buys

  • Marina Richards says:

    Vir my was Peet ‘n boetie en Pa vanaf my 7de jaar. ‘n Boetie/Pa waarop elke oomblik van my lewe trots was en wat ek tot my laaste oomblik sal respekteer. Herinneringe aan Boetie word al mooier met die gang van elke oomblik en soos hul daagliks vermeerder word hulle al hoe meer kosbaar en en belangrik.

    Liefste Martie, my sussie, en al die kinders (soos my eie) Ek wil Ps 27:14 met julle deel “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”

    Baie dankie dat julle vir my Boetie die rykdom gegee het wat niemand ooit van hom kon wegvat nie. Baie dankie dat julle sy lewe vir hom elke dag die moeite werd gemaak het en baie dankie dat ek kan weet, ek het ‘n ongelooflike skat in elkeen van julle gekry.

    Baie liefde
    Tannie Mina.

  • RIKA DU PLESSIS says:

    Liefste Martie en kinders

    As ek aan Kobus dink, dink ek aan die besonderse mens wat ek bevoreg was om te ken. So sag en vol deernis vir ander. Die ouboet.

    Hy het ons vooruit gegaan en dit gun ons hom, maar dit is vir jou Martie en die kinders wat ons harte bloei. Want omdat ons net mense is is dit so moeilik om ‘n geliefde te laat gaan.

    Mag ons Hemelse Vader vir jul troos bring in hierdie hartseer tye. Mag julle vrede vind en mag die pyn van verlange versag word deur die wonderlike herinneringe tot julle weer ontmoet.

    Met al ons liefde!

    Chris en Rika du Plessis
    en Seuns

    Kalmte is nie om die storm vry te spring nie, maar om vrede te vind te midde van die storm.

  • Cheryl Gaw - Pug Rescue says:

    Dearest Mari and Family. I did not have the pleasure of meeting your beloved father but I know his daughter. Your dad must have been an amazing man as he has a daughter who is filled with love and compassion. Our deapest sympathy on your loss.
    Pug Hugs
    Cheryl Gaw
    President: Pug Rescue SA

  • Marina Engelbrecht says:

    Liewe Martie,
    Ons is so jammer om te hoor van Peet. Mag julle God se arms om julle voel in hierdie tyd. Baie sterkte vir die moeilike tydjie wat op julle wag en dankie vir die voorbeeld wat julle vir so baie mense is.

    Baie liefde

    Willem en Marina

  • Magda Jordaan says:

    Peet/Boetie was vir my een van ons eietydse helde. Die rede waarom ek dit sê is omdat hy waarlik gelewe het soos die Bybel se “boom wat geplant is by waterstrome en sy vrugte dra op sy tyd.” Sy vaste geloof in Christus het deurgeskemer in elke aspek van sy lewe. Martie, jy en die kinders gaan hom ongelooflik mis, ek weet. Mag julle vertroos word deur die Heilige Gees en in Hom julle berusting vind.

    Marina, jou Pa/Boetie laat ook ‘n groot leemte in julle lewe. Ek bid ook vir julle almal in hierdie moeilike tyd.

    Baie liefde, Magda en Jorrie.

  • Johan van der Walt says:

    Liewe Martie, kinders en familie
    Ons innige simpatie. Peet was ware vriend en voorbeeld vir ons almal. Ons sal hom baie mis
    Ons bid vir vertroosting vir julle almal
    Groete
    Johan, Petra vd Walt en kinders

  • Mac vd Merwe says:

    As ek van Bloemfontein hoor dan dink ek aan Peet, want hoe sal sal ek ooit in my lewe kan vergeet van die bus Bloem toe met die 2007 Currie Cup finaal toe Peet die mikrofoon oorgeneem het as “toergids” en ons vermaak het met sy droë humor! Ek is oortuig die hemel gaan nooit weer dieselfde wees nie :)

  • Vernon en Emmeliette says:

    Marie, jy was baie spesiaal tydens die dankdiens. Ons bid dat die Here jy in die tyd wat voorle net so styf sal vashou soos vanoggend. Ons sal ook vir Peet mis. Baie liefde en sterkte vir julle almal.

  • Burger Swart says:

    Liewe Buys-gesin,

    Ek is so jammer om te hoor van oom Peet. Julle is in ons gedagtes hier in Switzerland. Julle is n wonderlike gesin wat my baie na aan die hart le.

    Oom Peet was n fantastiese man en pa, en hy het baie vir my beteken. Hy was instrumenteel dat ons as 12 en 13 jariges oorsee kon gaan rugby speel, iets waaroor ek tot vandag toe nog oor dankbaar is. Die Buys familie het ook sonder om n oog te knip my vir ses maande by hulle laat bly na skool toe ons gestudeer en rugby gespeel het. Dit spreek boekdele dat oom Peet my so met ope arms in sy huis verwelkom het.

    Daar is baie mense wat oom Peet baie gaan mis. Alle sterkte vir die Buys familie in hierdie moeilike tyd.

    Met baie liefde,
    Burger & familie

  • Annis en Drini de Bruyn says:

    Liewe Martie
    Dit was met groot skok wat ons van Peet se afsterwe verneem het. Na soveel jare het ons gedink ons kon weer ‘n kuiertjie inkry maar God het anders besluit. Sterkte en kontak ons as jy weer in Hermanus is.

    Liefde
    Drini

  • Pieta Bosch says:

    Peet, my onbekende mater, jy is waar jy hoort.

    Daai “nice” ou toppie langs jou? Dis my Pa.
    Jy is veilig naby Hom.

    Ek weet…elke keer wat Martie daai onbeheerste mooi smile smile?
    Gaan jy daar ook met trotse hart saam smile.

    Ons sien jou later.
    Pieta en Leana.

  • Aan my beste vriend en Vader: Pappa Peet says:

    Pappa peet,
    Elke woord wat pa na my oor gedra het,
    Sal ek nooit ooit vergeet!

    Pa was n man wat rerig baie van liefde en wysheid weet,
    elke dag van ons lewe ons meer as genoeg kos gegee het om te eet!!!!

    Ek is n seun so uit pa se skoot,
    Pa het my elke dag gevorm vir die ewige vloot.
    Al moes pappa my so nou en dan die regte rigting instoot,
    Weet ek, ek was een van pappa se ysters op pappa se boot!

    Dankie vir pa se leiding en my alledaagse brood,
    a.g.v pappa was ek darem nog nooit eers amper in die nood.
    Saam het ons gestaan tot pappa se ewige dood…
    Ai jai jai…pa se liefde en ondersteuning was darem maar oneindig groot!

    Eendag sal ek pa 3 dubbeld terug betaal,
    deur om nie average te wees op die lewe se skaal,
    altyd n ogie te hou oor ons Buyse se kraal!!
    Altyd trots wees en die bal daar te gaan haal,

    altyd te weet en glo,
    sonder Jesus se liefde is ons maar skaam en kaal.
    Pappa: “staan op vir wat reg is, al is dit voor n moeilike saal!”

    Besef ek was nie altyd n voorbeeldige seun,
    jaag strooi aan wat die ouman se woede laat dreun
    of luister nie altyd as pa my vasvat met voedsame reen…

    Maar ek belowe pappa nou ek is pappa se seun….
    Bou sal ek bou, steen vir steen!
    Daas nie tyd vir opgee, lang stories , n gekoes en gekreun,
    met n voorbeeld soos pappa staan ons standvastig op ons been.

    Pa was en is nogsteeds liefde so reg uit ons Vader se hand,
    Mamma, en ons 12 kinders is darem met oorvloed geseen..
    sal koers hou, ons almal saam na die groen wyvelde heen !

    Woorde sal nooit kan verduidelik wat Peet Buys(pappa) vir my beteken…
    Wil net vandag vir pappa se ek is lief vir pappa met alles wat ek is….
    waardeer elke oomblik wat pa my gehelp het om die lewe reg te bereken!

    Met n knop in my keel,
    En n hart onbeskryflik seer
    Se ek dankie met die mooiste herinneringe
    …vir n laaste keer!

    TOTSIENS PAPPA!!!

  • Brian en Karin says:

    Liewe Martie en Kids

    Ons innige meegevoel en simpatie met die afsterwe van Peet. Peet het my die besigheidskant van prokureurwees vir my geleer en my entrepreneurskap geinspireer!
    Baie liefde
    Brian Karin Brian jnr en Richard
    0828926786

  • Elsebe Stegmann says:

    Martie en kinders – my innige meegevoel aan julle.
    Ek deel ‘n Skotse gedig met jullewat ek op my pa se begrafnis gelees het? (Dis nie my gedig nie).

    A Scots Farewell
    When I come to the end of the road
    And the sun has set for me
    I want no tears in a gloom-filled room
    Why cry for a soul set free?
    Miss me a little but not for long
    And not with your head bowed low
    Remember the love that we once shared
    Miss me but let me go.
    For this is a journey we all must take
    And each must go alone
    It’s all a part of the master plan
    A step on the road to home.
    When you are lonely and sick of heart
    Go to the friend we know
    And bury your sorrows in doing good deeds
    Miss me … but let me go.

    Baie liefde en voorspoed vir julle almal
    Elsebe, Derick en Renee

  • Mari Buys Horne says:

    Jes 57:1&2
    Die man wat reg gelewe het, gaan sommer net so dood. Niemand steur hulle daaraan nie. Mense wat getrou aan die Here was, sterf. Niemand verstaan waarom hulle doodgaan nie. Maar so word die regverdige gespaar van verdere ellende in die wêreld. Dié wat eerbaar geleef het, kan gaan rus in die graf.

    Soos Pappa altyd vir my gese het:” Sussie, genade is vir ons genoeg!”

    Die verlange is groot Pappa, die trane baie, my beste vriend, pappa, kolega, mentor en vertroueling is nie meer hier nie maar die Here is goed en genade is vir my genoeg!

Leave a Reply